ReePrime
Dewald Viljoen - . Sterre Wag

Hosted by Dailymotion. For legal issues report at the Copyright Center, report us on DMC, or use the Instant Removal tool.

Dewald Viljoen - . Sterre Wag

P
PoemHunter.com

15 Views • Nov 08, 2014

Description

In die laaste oomblik van die dag,
voor die eerste sekonde van die nag,
vat ek jou hand in my hand
en ly jou oor die rant, na die waterkant.

Kom stap saam met my, my Skat
Laat ons wandel langs die oewer pad.
Daar is ‘n plek wat ek jou wil wys,
want eendag bou ek daar, vir jou ‘n huis.

Met reën op 'n sinkdak, en vuur in 'n koolstoof
sal ons liefde brand, en die koue nag deurkloof,
hier, tussen mure van klip en deure van hout,
groei ons ons kinders en word ons nog oud.

Met jou naam op my lippe en my hart in jou hand
ly ek jou tot by die skemerlig waterkant.
Vertoef in my oë, Lief, en luister sag.
Maak vir ons ‘n wens, aan die einde van hierdie dag.

Wens dit nou, voor jou hart se volgende slag...
Wens dit gou, terwyl die sterre wag...

Dewald Viljoen

http://www.poemhunter.com/poem/sterre-wag/