Loading formats...
Eugene Marais - Die Dans Van Die Reen
P
PoemHunter.com
197 views • Nov 10, 2014
Description
DIE DANS VAN DIE REËN
O die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies.
En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy.
Sy vertel die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.
Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies:
“Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”
En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit;
die asem van die wind raak weg.
O, die dans van ons Suster!
Eugene Marais
http://www.poemhunter.com/poem/die-dans-van-die-reen/

Discover more
Keywords & tags
More from this user
00:48
Laxmy Alvarado - Sunlight
PoemHunter.com
00:48
Laxmy Alvarado - Sunlight
PoemHunter.com
00:34
Fatima Alzhara Rafa - Wholeness
PoemHunter.com
00:34
Fatima Alzhara Rafa - Wholeness
PoemHunter.com
01:27
Kaziah K - Eight Months Later
PoemHunter.com
01:27
Kaziah K - Eight Months Later
PoemHunter.com
Related videos
01:17
Eugene Marais - Die Stille Rusplaas
PoemHunter.com
00:57
Eugene Marais - Die spinnerak-rokkie
PoemHunter.com
02:04
Eugene Marais - Waar Tebes In Die Stil Woestyn
PoemHunter.com
00:52
Eugene Marais - Winternag
PoemHunter.com
02:05
Eugene Marais - Skoppensboer
PoemHunter.com
00:45
Eugene Marais - Winter's Night
PoemHunter.com